R3,900,000
R3,900,000
4 Bedroom House For Sale in Kranspoort
4
Bedrooms
4
Bathrooms
5
Parkings
Ref. RLS960614
Land 3379.00m²
Floor 529.00 m²
Monthly Repayment
R41,590.75
Willemien Badenhorst
Monthly Levy R1,320
Monthly Rates R2,160
Total R3,480

Ligging! Ligging! Ligging!

Web Ref. RLS960614
‘n Geleentheid soos hierdie kom nie aldag in die mark nie…’n groot direkteurs woning met baie ruim vertrekke en baie lig! Die stoepe is heerlik groot, waar daar tot laat gekuier en gebraai kan word! Die oopplan tv– en eetkamer is baie ruim en is die aangrensende studeerkamer gerieflik en privaat. Buiten die groot stoepe, is die hartklop van die huis is sonder twyfel die groot kuier kombuis met baie kaste en laaie, asook die goedbeplande ingeboude ontbythoek waar daar rustig gekuier word, terwyl die Koedoes, Rooibokke, Zebras en Kameelperde daar deur die groot vensters dopgehou kan word… nader aan ‘n ontbyt in die bos sal jy nie kry nie! Verder is daar ‘n groot spens, asook aparte opwas gedeelte waar daar voldoende plek is vir elkeen van die wasmasjiene., skottegoedwasser asook ekstra ys- en vrieskaste met ‘n verdere stoorkamer vir al daardie ekstra kombuis goed wat nie elke dag gebruik word nie.

Die ligging teen die wildreservaat is goud werd. Die aangrensende erf is vir privaatheid deur die bure gekoop en verseker dit gereëlde wildsbesoekers op jou voorstoep. Daar is twee slaapkamers wat ‘n vol badkamer met afsonderlike toilet deel. Die ruim hoofslaapkamer met baie ingeboude kaste asook sy skuifdeur na die privaatstoep is ‘n groot bederf. Soggens kan daar in privaatheid koffie gedrink word of kan daar tot laat nag in die die jacuzzi gekuier word. Die hoof badkamer is besonder ruim en is goed beplan. Onder die huis is daar nog ‘n slaapkamer met ‘n en-suite badkamer wat dit ideaal maak wanneer daar gaste is aangesien hulle ongestoord op hulle tyd kan laat slaap, of vroeg-vroeg een van die mooi wandelroetes aandurf.

Die groter as normale dubbel motorhuis het direkte toegang na die huis, asook ruim werksplek. Die hele oppervlak is geteël en vertoon skoon, ruim en lig. Buite is oral waar nodig plaveisel en die tuin is gerieflik hanteerbaar. Die groot afdak bied parkering vir 3 voertuie met maklike toegang vir die karavaan of boot. Verder is daar ‘n werkskamer asook 2 stoorkamers waar daar heerlik deur die manne gewoel kan word. Die huis het 2 x 10 000 liter Jo-Jo tenks, asook ‘n boorgat met suiwer water wat volgens keuse ook met die huis gekoppel kan word, asook ‘n solar sisteem met die nodige panele wat frustrerende kragonderbrekings iets van die verlede maak.

Kranspoort is ‘n weggesteekte juweel met ‘n uitsonderlike leefstyl – ek sien baie uit om jou daar te gaan wys. Moenie wag nie, bel vandag nog vir ‘n afspraak!

Features

Interior
4 Bedrooms
4 Bathrooms
1 Kitchen
1 Study
Exterior
2 Garages
3 Carports
Pool
Security
Scenery / Views
Sizes
Land Size 3,379 m²
Floor Size 529 m²

Kranspoort, Middelburg

  • Street view

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're looking
for?