R3,925,730
R3,925,730
3 Bedroom House For Sale in Kranspoort
3
Bedrooms
2.5
Bathrooms
5
Parkings
Ref. RLS960910
Land 1695.00m²
Monthly Repayment
R41,865.14
Willemien Badenhorst
Monthly Levy R1,320
Monthly Rates R1,410
Total R2,730

Lief vir die natuur? Uitstekende ligging.

Web Ref. RLS960910
Hierdie pragtige eiendom is in ‘n cul-de-sac geleë aangrensend tot die wildreservaat… ’n baie gesogte en skaars kombinasie in Kranspoort. Waarom is dit so uniek? Omrede dit privaatheid waarborg in ‘n uitsonderlike stil straat, asook die wonderlike voorreg om letterlik ‘n “huis innie bos” te hê… iets waaroor die meeste van ons net kan droom. Die Zebras, Blou wildebeeste, Koedoes en Rooibokke is gereelde kuiergaste om jou voorstoep, om van die nuuskierige Vlakvarke nie eens te praat nie, hulle kom daagliks draai met die hoop om met wildsvoer bederf te word… dalk is hulle net vandag gelukkig!

Die huis is enige kieskeurige koper se droom - dit is baie ruim en is as bonus ten volle nuut gemoderniseer deur op die uniekheid te fokus. Vandat jy die portaal instap besef jy hier is iets anders… van die pragtige vloere reg deur die huis, die baie vensters en skuifdeure, asook die ruimte, maak dit uniek. Die baie groot oopplan leef- en eetkamerarea nooi jou uit om lui-lui op die banke te ontspan of om laat middag op die privaat stoep te gaan sit met iets te drink in die hand en nabetragting van die dag te hou. Die kroegarea is direk langs die groot kuierstoep waar daar heerlik gebraai en gekuier kan word. Die seile verseker dat die stoep heel jaar gebruik kan word, ongeag die kouer weer hierdie tyd van die jaar. Die gastetoilet is gerieflik naby en verseker dat gaste nie elke keer jou badkamer hoef te gebruik nie.

Die besondere kombuis is enige vrou se droom… kaste en weereens kaste, asook baie werksoppervlakte met granietblaaie en die skuifdeur verseker baie lig en vars lug. Die opwaskamer is goed beplan met baie ingeboude kaste asook voldoende plek vir al die masjiene. Die hoofslaapkamer is op die grond vloer en hier is ook heerlike bederf met ‘n baie groot instapkamer met kaste van muur tot muur. Ook hier is slim beplan met ‘n rekenaar blad, asook ingeboude smuk blad en plek waar jy rustig jou hare kan blaas. Die en-suite badkamer het ‘n groot stort, dubbel wasbak vir hom en vir haar, asook ‘n toilet. Die privaatstoep loop vanuit die kamer en kyk op die sprankel swembad uit… ’n ideale plek om soggens jou oggend koffie te drink en ‘n stilword tyd te hê voor die dag aangepak word. ‘n Verdere pluspunt is die privaat studeerkamer wat ook oor die swembad kyk waar daar ongesteurd gewerk kan word of as ‘n ideale stokperdjiekamer gebruik kan word, omrede die deur net toegemaak kan word totdat jy weer daar wil werk - alles gerieflik uit die oog! Die ander twee slaapkamers is op die eerste vloer elkeen met meer as voldoende ingeboude kaste, asook ‘n lugreëlaar en ‘n dakwaaier. Beide kamers is baie lig en deel ‘n moderne badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet.
Die boma is naby die kombuis en verseker dit dat alles gerieflik byderhand is. Daar sal beslis tot laat aand om die vuur gelag en gekuier word, terwyl die skitter blink sterre nuuskierig dopgehou sal word… salig! Daar is baie plaveisel en die dubbel motorhuis is langer as die standaard lengte, dus sal groot voertuie gemaklik inpas. Die afdak is gemaklik toeganklik en kan voldoende staanplek bied vir beide die karavaan, boot asook ‘n verdere motor of waentjie. Die stoorkamer verseker dat geen losgoed in die motorhuis hoef rond te staan nie Die tuin is maklik beheerbaar en voltooi die prentjie buite. Die huis het 20 sonpanele, 4 batterye en 2 omskakelaars in parallel, dus is daar belis geen kragfrustrasies nie, in teendeel, jy sal nie eens agter kom wanneer daar beurtkrag is nie. Ek kan nie wag om jou daar te gaan wys nie – alles getuig van goeie smaak en beplanning - kom kyk self!

‘n Uitstekende koop wat nie gemis moet word nie!

Features

Interior
3 Bedrooms
2.5 Bathrooms
1 Kitchen
1 Study
Exterior
2 Garages
3 Carports
Pool
Security
Scenery / Views
Sizes
Land Size 1,695 m²

Kranspoort, Middelburg

  • Street view

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're looking
for?