R385,000
R385,000
1,597m² Vacant Land For Sale in Kranspoort
Ref. RLS964795
Land 1597.00m²
Monthly Repayment
R4,105.75
Willemien Badenhorst
Monthly Levy R1,400
Monthly Rates R546
Total R1,946

Uitstekende geleentheid om een van die laaste prima erwe te kan koop!

Web Ref. RLS964795
Hierdie is ‘n hoekerf direk teen die parkland geleë en is altyd in aanvraag- pure bederf om so deel van die bos te wees en dan boonop pragtige uitsig te kan hê met geen huise wat voor jou gebou kan word nie. ‘N groot voordeel is die plaveisel pad wat reg aan die kant deurloop wat maklike toegang vir beide karavane of bote bied en die feit dat die stof gedurende Augustus baie beperk word. Dit is ‘n voltitel erf waarop jy jou eie plan onderhewig aan die Kranspoort Bouregulasies kan kom bou en deel word van ‘n wonderlike gemeenskap waar almal liefde vir die natuur deel
Kranspoort het ‘n unieke leefstyl en is daar baie om te doen vir die avontuurlustiges ….verskeie wandelroetes, asook 4x4 roetes is beskikbaar in die reservaatarea. Daar is baie wild oa Kameelperde, Zebras, Blou wildebeeste, Swartwitpense, Njalas asook Rooibokke en Koedoes. Ons het onlangs met groot opgewondenheid Elande bygekry en kan ons nie wag om hulle te sien nie. Die Vlakvarke vermaak ons gereeld met hulle manewales en is die ryk voëllewe enige voëlkyker se droom Verder is daar pragtige hengelplek op die terrein en bied die gewilde Matchovich& Hayes gholfbaan groot uitdaging aan die ywerige gholfers. Andersinds is daar diskgholf wat al hoe meer gewild word, hoe meer dit bekend word.
Die lug is skoon met geen rookbesoedeling, die water skoon en die misdaad lag….klink dit na die regte plek om te bly? Ek is self al die afgelope 16 jaar ‘n inwoner daar en kan ek jou verseker dat dit steeds ‘n groot voorreg is om daar te bly! Skakel my vir ‘n afspraak, ek kan nie wag om jou as ‘n gelukkige Kranspoortinwoner te verwelkom nie.

Features

Exterior
Security
Sizes
Land Size 1,597 m²

Kranspoort, Middelburg

  • Street map
  • Street view
  • Google map for 1,597m² Vacant Land For Sale in Kranspoort

Finance

Total Amount Repayable
R0,00
Monthly Repayment
R0,00
Calculators:
Can't find what you're looking
for?